Papegaaie

Psittaciformes
Ara ararauna
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Infraklas:
Superorde:
(geen rang):
Orde:
Psittaciformes

Wagler, 1830
Superfamilies

Cacatuoidea (kaketoes)
Psittacoidea (ware papegaaie)
Strigopoidea (New-Seelandse papegaaie)

Verspreiding word in rooi aangedui.

Papegaaie (Psittaciformes) is 'n orde van voëls wat uit 3 families en 372 spesies bestaan.[1] Aanvanklik kom die spesies slegs in die trope en suid daarvan in die suidelike halfrond voor. Ag gevolg van ontsnapping uit gevangenskap of doelbewuste vestiging in die twintigste eeu, het wilde bevolkings ook in die noordelike halfrond ontstaan. Die grootste diversiteit (meeste spesies) van papegaaie kom in Suid-Amerika en Australasië voor.

Tipiese kenmerke van papegaaie sluit in: 'n sterk, geboë snawel, 'n regop houding, sterk bene met 2 tone wat vorentoe wys (2 en 3) en twee wat agtertoe wys (1 en 4). Baie papegaaie is helderkleurig, en het soms verskeie helder kleure.

Die vere van kaketoes strek van meestal wit tot oorwegend swart, met 'n kruin van vere wat oor die kop strek. Papegaaie se dieet bestaan uit sade, neute, vrugte, blomknoppe en ander plantmateriaal. 'n Paar spesies sal soms ander diertjies eet. Spesies van die stam Lorini is gespesialiseerd om van nektar en sagtevrugte te lewe. Byna al die papegaaie maak in boomholtes nes (of bokse in gevangenisskap). Hulle lê wit eiers.

Pasgebore kuikens is hulpeloos en moet gevoed en versorg word.

Papegaaie is van die intelligentste voëls, en sommige spesies kan selfs menslike stemme namaak. Die eienskap, tesame met hul helder kleure, maak van hulle gewilde troeteldiere.

Papegaaie (orde Psittaeiformes) is bekende kouvoëls wat oor groot dele van die wêreld, en in besonder in die tropiese streke, wildlewend voorkom. 'n Paar spesies is ook in Suid-Afrika inheems. In die natuur vorm papegaaie dikwels groot swerms en vreet hoofsaaklik saad. Hul gewildheid as kouvoëls berus hoofsaaklik op die feit dat hulle die mens se stem goed kan naboots.

  1. Gill, F., Wright, M. & Donsker, D. (2010). IOC World Bird Names (weergawe 2.6). (en)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search